Tuesday 18 September 2012

Nikah says...

Ek vra nou die dag toe die skoonouers hier kuier: "Nikah wie is jou oupas?" Sy sê so ewe: "Oupa Lobbie".  Ek vra toe en wie nog? Sy antwoord: "Daardie ander man." 

Nou die oggend in die bed kry ek'n onverwagte soen op my neus, wat toe gepaard gaan met 'n tand of wat.  Ek sê: "Eina! Dit
was seer." Sy sê toe: " Sollie mamma, sollie mamma."

Net nou stap sy by die kamer in met arms vol Telletubies gelaai, sê so by haarself:"Toema Tubies nie bang wees nie."

Opvreetbaar verby!

No comments:

Post a Comment