Monday 2 July 2012

18 Month - 'Sweet Disaster'



Ons stilswye:

Hierdie post skryf ek in my taal, net soos ek wil - 
Omdat ek my misnoƫ nie op 'n ander manier kan vertaal nie!

My kleinte het die agtien maande mylpaal bereik met 'n moerse bang!  Sy was tot en met daardie eerste paar dae nog nooit siek gewees nie, 'n ligte geval van 'baba-masels' gehad toe sy kleiner was, maar niks om voor dokter toe te gaan nie.

Eers slaan die verkoue, daarna die mangelsonsteking, toe 'n hengse maag virus en daarna weer 'n lugweginfeksie.  Net vir die cherry op die koek 'n pragtige rooi diaper rash daarby! 

Ons is deur twee kursusse antibiotika, dubbel inspuitings, dokters, hospitaal, you name it - ons was daar!

'n Drie weke lange Vrystaat kuier in die winter, waarskynlik nie die beste idee as jy uit die Kaap kom nie...

Ten spyte van die tragedie, het ons heerlik opgevang met familie en vriende!

My kleinte weer 'n bondeltjie vreugde, na 'n week se afsondering op die plaas!  Vars lug, geen maaitjies, loop doeke of sleg-voel-tantrums nie!

HOORAY!  Ons is terug op die lug!
En daar is hope opvang werk om te doen...

No comments:

Post a Comment