Wednesday 2 November 2011

La Capra


Illusie

Soms as ek in die silwer skemer stap
met oe half toe. want die ligte reen
prikkel my wange, dans en trippeltrap
verby my lippe en om my oe heen,
dan sak die stilte in 'n klamme vlaag
oor alles, donkergroen en silwergrys
die denne, en ek slaan my jas se kraag
hoer om my nek.  Daar's iets wat eis
dak ek meteens met ligter tred moet gaan,
met tintelende ekstase in my bloed.
Dalk aan die einde van die lang laan
gaan ek jou, liefste, ylings tegemoet?

Olga Krisch (1924-1997)
A.P. Brink.  2000.  Groot Verseboek.  Tafelberg uitgewers.  Kaapstad

Get your bottle here...

No comments:

Post a Comment