Tuesday 28 June 2011

Sombere skemer...


Al Sou

Ek sal jou liefhê heel my lewe lank
selfs al sou die t'nouroevygie
in droë jare skaarser rank

al sou die sleepmis vroeg insleep
van die see af en die wilde-anys
toe-oog bly en die son vergeefs
ander wang vir die wêreld wys

al sou die ooswind knaend waai
en om ons net blylêgoed bly lê
net knapveld waar daar opslag was
en ons vergeefs grawe aan 'n gorê

al sou ons sleepvoet en doekvoet loop
hande krom soos haakdoringbos
al het die wind die gousblom getroop

al het die jare ons uitoorlê
sal ek jou heel my lewe lank bly liefhê

(George Weideman (Geb. 1947)
A.P. Brink. 2000. Groot Verseboek. Tafelberg Uitgewers.
Kaapstad

No comments:

Post a Comment